Slegs ons eie ervarings

Wie is ons

Ek is Heinrich en my wederhelfte, Ronel.

Ons deel graag ons ondervindings van ons wegnaweke en reise. Ons wil graag eerstehands vertel wat ons ervaar het. Ons is baie bewus dat smaak verskil en dat waarvan ons hou, sommige lesers dalk nie gaan hou nie.

Ons woon in Centurion en verken die area rondom Gauteng, maar ook verder met ons Bushwakka-woonwa en Hilux-bakkie. Wat ons belowe, is ons eerlike opinie — en nie net mooi foto's van plekke waarvoor daar betaal word nie. Wat ons deel, is ons eie ervarings.

Ons hoop jy reis lekker saam!

Hoe werk hierdie webwerf?

Ons verhale is gesorteer per provinsie en streek, sodat jy maklik kan vind wat jy soek. Kies 'n provinsie op die kaart, of gebruik die filters en soekkassie op die tuisblad. Elke artikel is gemerk as Verblyf (kampplekke en akkommodasie) of Besoek (plekke om te gaan sien en doen).

Ronel & Heinrich van Wyk
Champagne Valley, Winterton
valleyviewcottageintheberg@gmail.com
083 377 4984

Blaai deur die reisverhale